Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 20 MAART 2016

Goeiemôre en welkom by die weekliksenuusuitsending van die Suid-AfrikaanseRadioliga, geleesdeur ________________________ (jounaam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-posteontvang.

IN DIE NUUS VANDAG


ARISS VOLTOOI 1000 KONTAKTE

SARL HELDESAAL STEMPROSES NOU OOP

EN

INDRINGERS OP DIE HF BANDE

Bly ingeskakel vir meer hieroor en ander interesante nuus items

** Die Amateur Radio op die Internasionale Ruimtestasie, ARISS, program het 'n mylpaal gevier - die 1 000 skool radioverbinding. Die eerste ARISS kontak met studente op aarde het 'n bietjie meer as 15 jaar gelede plaasgevind. Op 10 Maart het ISS bemanningslid Tim Kopra, KE5UDN, die louere vir nommer 1 000 geneem - 'n kontak met studente van skole in die Noord-Dakota en Minnesota area wat by die Universiteit van Noord-Dakota in Grand Forks bymekaar gekom het. Die ARISS kontak was die eerste in Noord Dakota en ongeveer 500 studente en besoekers was byderhand vir die groot gebeurtenis.

ARISS Internasionale Voorsitter, Frank Bauer, KA3HDO, het die ARISS span gelukgewens op wat hy noem "hierdie fenomenale prestasie."
"Met die uitstaande ondersteuning van NASA en die internasionale ruimte-agentskappe wat deelneem aan ISS, die ISS aan boord bemanningslede wat al 48 ekspedisies meegemaak het en die honderde ARISS vrywilligers węreldwyd, het die ARISS span 'n geweldige mylpaal bereik: 1 000 ARISS kontakte tussen skole op die grond en die ISS bemanning in n wentelbaan, "het hy gesę. "Sedert ons eerste kontak in Desember 2000 tot vandag se kontak in Noord Dakota, het honderde duisende studente deelgeneem aan die praktiese STEM lesse wat ARISS bied, en baie miljoene van die algemene publiek het bemande ruimtevlugte in aksie gesien deur 'n ARISS kontak."

** Neem asseblief kennis dat die datums soos gewys in die nuutste SARL Nuusbrief, foutief is. Die korrekte datums verskyn op die voorblad van SARL webwerf. Ons vra om verskoning vir die fout.


** Die Horison Radars word gereeld gehoor op die amateur HF bande. Die Internasionale Amateur Radio Unie Streek 1 Moniteringstelsel, IARUMS, berig oor 'n vlaag horison radar seine op verskillende eksklusiewe maar ook gedeelde amateur radio HF bande. Baie van hierdie seine word buite die Streek 1 grense gehoor.

'n 50 kHz wye Russiese Oor die Horison radar word dikwels gehoor in die aande op 80 meter, meestal in die gelykgolf deel van die band. 'n Langdurige Russiese radar sein, ongeveer 13 kHz wyd, word gehoor op die 7 000 tot 7 100 kHz segment van 40 meter, terwyl sommige digitale verkeer, FSK of PSK, en 'n 'Codar-agtige' radar uit die Verre Ooste gehoor word tussen 7 000 en 7 200 kHz segment. Hier hoor jy ook gereeld nie-amateur gelykgolf uitsendings.

Soort gelyke seine van Oor die horison radar wat gehoor word op 40 meter verskyn ook op 20 meter, saam met digitale verkeer in FSK of PSK en op gelykgolf en breëband radar seine uit China.

Ander Breëband radar vanuit China, Australië, Ciprus en Turkye is ook al gehoor op 15 meter. Op 10 meter is radars van Iran met FM gelykgolf , vissery boeie op gelykgolf en taxi bedrywighede op foon vanaf Rusland.


** Die stemproses vir die SARL se Amateurradio-Eregallery vorder fluks. Die Eregallery eer indiwidue wat 'n beduidende bydrae tot amateurradio in Suid-Afrika gemaak het. Hulle nagedagtenis sal op 'n bladsy in die SARL-Webwerf verewig word. Die eerste groep Gallery-lede sal op die SARL-AJV in Mei ingelyf word.

Opstelle wat die bydraes van die 18 genomineerdes bevat kan op die Eregallery-bladsy gevind word. Daar is 'n skakel op die SARL-Webwerf se voorblad.

Stemme word tot die einde van hierdie maand aanvaar. Dit is die moeite werd om die nominasies te lees, want die kandidate het ons stokperdjie gevorm. Hulle sluit historiese reuse soos John Streeter, Dixon Bennett en
Dave Larsen in, sowel as hedendaagse bydraers tot amateurradio.

Stem vandag!

** Die tema vir die April 2016-uitgawe van Radio ZS is die tuis konstruksie. Die Redakteur bedank Cor ZS6CR,Hannes ZS6BZP,Hendrik ZS2HC,Daan ZS6CD, Tim ZS6IM,Brian ZS6AE,en Eddie ZS6BNE vir hulle artikels. Dankie ook aan Mike ZS2FM Heather ZS6YE/5,en DaveZS6AAW vir hulle gereelde bydraes.

Daar is nog tyd om jou artikel, in Afrikaans of Engels, in te stuur, die sluitingsdatum is Dinsdag 22 Maart en stuur dit aan radios@sarl.org.za. Dit kan een bladsy of selfs agt bladsye lank wees - daar is genoeg spasie in Radio ZS.

** Dit is bekend dat vertikale polarisasie gevoeliger is vir geruis op Enkelsyband en gelykgolf as horisontale polarisasie maar dit geld nie vir FM met amplitude beperking funksie nie. Die belangrikste verskil tussen die twee polarisasies word waargeneem oor langer afstande op BHF of hoër. Daar is geen verskil tussen horisontale en vertikale in lyn(Line Of Sight)afstande maar sodra die vertikale radiogolwe die horison oorkruis en die aarde se ronding volg is daar meer demping as in die geval van die horisontale golwe.

Wil jy nuwe rekords opstel op BHV tussen Kalifornia en Hawai of Suid-Afrika en Reunion? Maak dan gebruik van n horisontale ge-polariseerde antenna tydens Troposfeer pype.Vertikale antennas is ideaal vir herhaler en mobiele werking maar as jy wil kontak maak oor die langer afstande op BHF maak dan gebruik van n hoë wins Yagi antenna.

** Gerard Roux, ZSAYU het per e-pos laat weet dat hy tot en met 21 maart vanuit Botswana, by Jwaneng KG25ij, aktief gaan wees. Hy gaan 'n bietjie radio speel en sal ook aktief wees op 6M terwyl hy ook tydens die BHF kompetiesie punte gaan weggee. Luister vir die roepsein A25GF.

** ZS3JPY, Kobus v.d. Merwe gaan vanaf Kleinzee aktief wees tydens die BHF kompetiesie. Koos monitor 7,105 MHz LSB,asook die BHF whatsapp groep vir ou kerels wat ‘n kontak wil opstel. Die ruitverwysing van Kleinzee is JG80mh.


** Die Kempton Park Amateur Radio Tegniese vereniging het hul Jaarlikse Algemene Vergadering verlede Saterdag die 12de Maart 2016 gehou en die volgende lede is tot die komitee verkies:
Hannes Scheepers ZS6EMS - Voorsitter
JJ Siebert ZR6JS - Visie Voorsitter
Lucia Olivier ZS6LO - Sekretaris
Trevor Reynolds ZR6TW - Tesourier
Des Bryington ZS6DEZ - Tegniese Adviseur
Baie geluk aan die nuwe span en ons wens die nuwe komitee voorspoed toe vir die jaar wat voorlę. Graag bedank ons die die uittredende komitee vir hul tyd, entoesiasme en leierskap van die afgelope jaar.
Baie dankie aan al ons lede wat die vergadering ondersteun het en deelgeneem aan die verigtinge.


HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Slegs 'n paar klein sonvlekke is sigbaar en tans is hulle almal stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 40 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


DAGBOEK

Vandag, 20 Maart - die SARL BHF/UHF analoog en digitale kompetisie
22 Maart - sluitingsdatum vir artikels vir die April Radio ZS
31 Maart - sluitingsdatum vir voorgestelde referate vir die SA AMSAT Konferensie, stuur dit aan amsat@intekom.co.za
2 April - die RaDAR Uitdaging
3 April - sluitingsdatum vir SARL BHF kompetisie logstate
7 April - SARL 80 m QSO-geselligheid


Om vandag se bulletin af te sluit ‘n kort terugblik op die hoof nuusitem. ARISS het onlangs ‘n groot mylpaal behaal met die duisendste skool kontak. Die eerste kontak is skaars 15 jaar gelede gemaak.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Johan de Bruyn ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX








Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003